Vanaand het ek op Youtube na videos gekyk van Pretoria en weer gesit en tjank soos 'n klein hondjie oor 'n verlore been en ek het myself vreeslik jammer gekry. Dis toe dat woorde in my gedagtes opgekom het wat ek baie lank terug gehoor het en op 'n manier was dit vir my baie van toepassing op hoe ek die laaste ruk voel
"Sometimes you have to let the bad things in with the good"
Nadat Andy se ouma en broer teruggekom het van Amerika af en ek weer elke dag vir klein Skye (sy is amper 4 en is Andy se ander broer se dogtertjie, maar Andy se ma pas haar deur die dag op) moes sien het dinge my al hoe meer begin vang.
Ek het vreeslik na Xaynee begin verlang en het vandag weer vir Andy gese ek wil teruggaan huistoe. Hy wil my net gelukkig sien en het vir my gese dat hy besef dat ek nooit werklik myself sal toelaat om gelukkig te wees sonder my kinders in my lewe nie en hy is reg.
Op 'n manier voel dit amper verkeerd om myself toe te laat om gelukkig te wees, maar dit gaan ook oor baie meer as dit. Ek kan dit nie help om geirriteerd te raak met die bedorwe brokkie heeldag hier om my wat heeltyd haar sin wil he anders gooi sy 'n helse tantrum nie en dit het my weereens laat besef dat my kinders, en selfs Xaynee met haar gestremdheid en frustrasies, baie gedisiplineerd is nie. In alle eerlikheid gese, meeste van die kinders hier is iets horribaals en geen Suid Afrikaanse ouer sal toelaat wat hier toegelaat word nie. Dit maak my net van voor af bekommerd wat Xaynee betref en of dit die regte ding gaan wees om haar hiernatoe te bring.
Ek het darem vandag weer met haar gepraat en dis wonderlik om te hoor hoe mooi sy nou al haar woorde uitspreek.
Ek moet egter erken dat alhoewel ek maklik se dat ek wil teruggaan SA toe, sal dit glad nie vir my makllik wees om Andy te los nie, nie na als wat ons reeds deur is om te kom waar ons nou is nie en ek het hom baie lief.
Afgesien hiervan is daar ook die wrywing tussen my en sy broer wat soms gedryf word tot die punt waar ons letterlik sal vassit oor onnodige kwessies. Ek het vandag besef dat dit van ons albei af kom en dit maak my soortvan bang om verskeie redes.
Vanaand mis ek Suid Afrika en my kiddiez net vreeslik en ek voel hartseer en gefrustreerd, maar ook opgewonde om terug te gaan want daar is so baie dinge wat ek vir Andy wil wys wanneer ons in September teruggaan en ek kan amper nie wag nie.
Meeste van als, ek kan nie wag dat hy my Sonprinsessie ontmoet nie want ek dink hy gaan absoluut mal wees oor haar :o)

3 comments:
found you site over misterwong... but one question do you have twitter or facebook, where i can be connected with you blog...? thanks
baie interessant, dankie
Thank you amazing blog, do you have twitter, facebook or something similar where i can follow your blog
Sandro Heckler
Post a Comment