Tuesday, June 3, 2008

Paar gedagtes van die klip af

Vir die eerste keer vandat ek hier is, begin ek wonder of ek die regte ding gedoen het. Dit voel bietjie agteraf dat ek hierdie nie in engels doen nie want ek weet hy verstaan min van my taal maar ek wil ook nie regtig he hy moet weet dat ek begin twyfel nie. Ek mis my kinders ontsaglik baie en ek weet ek is depressief. Ek praat met niemand meer nie en ek is nie lus om enigiets te doen nie. Ek kan met alle eerlikheid se dat hy niks minder is as wat ek nodig het nie en niemand het my nog ooit so gelukkig gemaak nie, maar dis net nie genoeg nie. Ek voel soms skuldig en wonder wat mense dink want ek weet hoe dit wat ek gedoen het moet lyk, maar aan die ander kant...mense oordeel maklik sonder dat hulle die feite ken of eers omgee wat die feite is. Slegte gewoonte, hoorse, en baie uniek aan SA. Ek weet dat ek geen normale lewe sal he as ek sou teruggaan nie en ek twyfel of ek my kinders sal terugkry, maar ek voel hartseer, kwaad en magteloos. Dis waar wat hulle se dat fisiese mishandeling nie die merke los nie, emosionele mishandeling doen dit. Wat dit erger maak is dat ek nie daar in SA hoef te wees nie. As iemand eers so houvas op jou het, is dit virewig deel van jou lewe as daar kinders betrokke is. Dis die mees subtiele en wreedste manier om iemand te vernietig.

2 comments:

Anonymous said...

Cheeky, ek oorbrug daagliks depressie. Ek sien gereeld die donkerwolk wat aan die silwer randjie hang. Hierdie werk vir my, miskien vir jou ook ...

Ek probeer nie self my depressie behandel nie. Ek sien iemand professioneel in terapie waarin probleme en verliese deurgewerk word en ek hanteringsmeganismes aanleer. Soos byvoorbeeld om aktief te wees, te gaan stap, 'n bietjie oefening te doen, en al is ek nie daarvoor lus, om met mense te meng - solank ek net nie stilsit en begin top oor dinge wat kon gewees het nie.

Ek sal jou sterk aanraai, indien jy nie reeds nie, om iemand professioneel te sien. Jy dra 'n groot las, en ek kan my kwalik voorstel hoe swaar dit moet wees om jou kinders so ver te hĂȘ - en dan hulle ook nog nie mag sien nie.

Vergeet van stigma's - my beskouing sou wees dat jy nie 'n fout gemaak het om Engeland toe te gaan nie - nee, eerder het jy 'n begin gemaak in 'n ander, nuwe en opwindende rigting, as't ware beheer geneem. Gesels eerlik met jou lewensmaat - jy kan dalk net verbaas wees met die reaksie.

In my hantering van my depressie besef ek ek's die belangrikste spanlid. Ek probeer saam met mense daaraan werk en neem verantwoordelikheid vir my "genesing" en lewe.

Gebruik alle moontlike hulp, maar probeer hard om self aktief dinge te doen!

En hemel, keep blogging. Dit is op sy eie manier terapeuties - en kyk uit vir die kwasi-sielkundige :-)

Sterkte!

Renata S Roux said...

Ek weet jy is reg. Ek dink ek is besig om als op te mors en ek kan dit nie regtig bekostig nie.

Ek was bevoorreg om 'n tweede kans te kry, maar ek vertrou mense nie maklik nie. Daarom ook dat ek nog nie vir professionele hulp gegaan het nie.

My blog is al manier hoe ek kommunikeer want dis maklik om nie die risiko te loop om iemand te leer vertrou nie.

Alhoewel ek als hier vertel en mense dit kan lees, kan niemand my woorde hier verdraai, my manipuleer, of intimideer nie en dis my groot vrees.

Ek sal wel daaroor dink, moenie 'n fout maak nie. Ek is maar net huiwerig om met mense te werk.

Dankie Emil :o)